|
|
 |
Wie de hel is Philip Nel?
Eindelik na baie parrallelle jare
loop twee paaie saam
musiek
en
digkuns
lig of swaar
hoort bymekaar
van Pikkedêl tot Philip Nel
|
*Twee Paaie Loop ineen |
27 jr se Letterkunde-onderig en Ligtemusiek/Komposisies/Gigs |
Leerlinge se geniet van Afrikaanse
gedigte en prosa saam met my.
Letterkunde eksaminator vir 14 jaar
vir TOD. Harde maar lekker werk! |
|
Lekker gespeel in Pretoria-Klawers
Later liedjies geskryf soos:
WEERMAN (Gé Korsten)
OU VRIENDE (Lucas Maree)
OU KLAVIER (Anneli v Rooyen) |
|
>NOU<
Toonsettings van 15 bekende gedigte
Wat ALMAL kan geniet
soos goeie wyn
Uit die skatkis van Afrikaans kom hierdie bekende verse vir almal om te geniet. Van die lekker ligte HARTEBEESFONTEIN (1898) en REëN IN DIE VOORWINTER tot die ernstiger DIGTER wat, soos 'n krygsgevangene op Ceylon, 'n skippie in 'n bottel bou - eintlik 'n gedig wat met woorde en versreëls gebou word "deur die smal poort van die wonder" . En tussen-in, DIE DANS VAN DIE REëN, liefdespoësie in GRENSE en DANK, die natuur in VROEGHERFS, WINTER en BLOM DAAR SPORRIE en die aangrypende AAN DIE VERHUISINGSMANNE, waarin die digter hulp vra met sy "verhuising" na 'n nuwe lewe, nadat albei sy bene geamputeer is. Dan ook Ingrid Jonker se ONTVLUGTING, 'n profetiese gedig oor haar lewe en die res van die gedigte wat elk 'n eie bekoring het.
|
|